"Whoever said you can't buy happiness forgot little puppies" ~ Gene Hill
Wat begin het met 'n liefde vir ons yorkie troetel-kinders, het gegroei tot 'n klein telery wat aan soveel moontlik mense die voorreg wil gee om net soveel onvoorwaardelike liefde te deel. Ons is geleë in Kameeldrift/Cullinan omgewing.
Yorkshire Terriers het hulle oorsprong in myne gehad waar hulle rotte moes jag. Maar vandag word hulle geassosieer met glans en weelde.
Hulle parmantige, vreeslose maar tog ook intelligente geaardhede is wat so baie mense se harte met eerste oog-opslag steel. Yorkies is nie net oulik en baie spelerig nie, maar hulle hele houding weerspieël trotsheid. Die baie aktiewe klein hondjies vergeet maklik hoe klein hulle eintlik is en sien kans vir enige situasie [klein of groot]. Die yorkies se redelike lang, pragtige, glansende reguit hare is 'n kenmerk van die ras. Met 'n gekleurde strikkie in die hare, word hulle uitgeken bo ander honde rasse.
Maar die wat nie kans sien om elke dag aandag aan die hare te spandeer nie, kan hulle laat skeer sodat hulle makliker hanteerbaar is.
Die yorkie is die wêreld se gewildste terrier ras, maar volgens KUSA word Yorkies geklassifiseer onder die Toy-groep. Daar is verskillende grootte yorkies, maar 'n mens kan nooit met sekerheid sê hoe groot jou baba yorkie gaan word nie. Mens kan ook nie die volwasse kleur voorspel nie aangesien die haarkleur tot en met 2 jaar aanhou verander.
Ons streef daarna om gelukkige en gesonde hondjies te teel wat die ras bevorder. Elke baba hondjie kry van geboorte af spesiale aandag, sorg en liefde tot die dag wat hulle na hul nuwe huise gaan.
Delamor is 'n geregistreerde KUSA affix. Baba hondjies word geregistreer, ingeent, ontwurm en as hul op 8 weke groot genoeg is, word hulle gemicro-chip ook. Indien die hondjie te klein is, is dit die nuwe eienaar se verantwoordelikheid om die micro-chipping te doen. Daar is geen "breeding restrictions" op ons hondjies se registrasies nie. Ons het ook 'n aankoop-ooreenkoms om beide die teler en die nuwe eienaar te beskerm.
Indien die nuwe eienaar enige vrae of raad nodig het, help ons met graagte.
Ons kan aflewerings reël soos ooreengekom op die nuwe eienaar se onkoste.
"Dogs have given us their absolute all. We are the center of their universe. We are the focus of their love, faith and trust. They serve us in return for scraps. It is without a doubt the best deal man has ever made." ~Roger Caras~