Boesmanland Boerboele

Breeders of boerboels

 

About us

Ons boer in die Noord Kaap. Tans het ons net vir Max ons reun en vir Jane, ons teef. Jane het ons aanvanklik gekoop vir my ouers, maar gou besef sy is te spelerig en te sterk vir die bejaardes, toe al in hul tagtigs. Jane het toe plaas toe gekom en by ons kom bly.
Ek het al meer besef hoe n wonderlike ras die boerboel is. Jane is n baie goeie waghond en baie beskermend teenoor ons. Toe het ek n foto van Max gesien, en dadelik verlief geraak op hom.
Max is die mees liefdevolste reunhond met wie ek nog te doen gekry het. Oud en jonk, maak nie saak, hy verdra al die aandag en lyk soms net n bietjie "baffled" met mense se reaksie teenoor hom.

Ons het n teelprogram begin met Max en Jane. In hoe n mate ons dit gaan uitbrei sal ons nog moet sien. Max het 80,3% gekry met sy keuring. Jane kon ons nog nie keur nie. Ek het gewag vir haar geboorteregistrasie en het toe die keuringsdatum gemis. Sy sal met volgende keuring in ons omgewing daarvoor gaan.